Waterhaan (astrologie)

癸酉

Die Waterhaan (癸酉, guǐyǒu) is die 10de jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die 10de Hemelstam (癸, guǐ; die element Water en Jin) met die 10de Aardtak (酉, yǒu), gesimboliseer deur die Haan (鷄, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Waterhaanjaar het in 1993 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 23 Januarie 1993 tot 9 Februarie 1994.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search